Huidige Regsontwikkeling ten aansien van Uitwinbaarverklaring van ʼn Verband oor ʼn Onroerende Saak

Authors

  • Michelle M. M. Fuchs University of South Africa

DOI:

https://doi.org/10.4314/pelj.v18i1.10

Keywords:

Artikel 129(1)(a)-kennisgewing, Kubyana-uitspraak, Oproepingsproses, Sebola-uitspraak, Uitwinbaarverklaring, Voorverhoorprosedur

Abstract

Wanneer . verbandskuldeiser . verbandskuldenaar se onroerende saak weens wanprestasie uitwinbaar wil laat verklaar, is hy aan streng formaliteite onderworpe ter beskerming van die verbandskuldeiser en verbandskuldenaar wat saaklike sekerheidsregte oor . onroerende saak het. Daar is verskillende stadiums waaraan die verbandskuldeiser moet voldoen voordat hy 'n verband oproep ten einde eksekusie teen die sekerheidsobjek te verkry. Die oproepingsproses kan in vier stadiums verdeel word: eerstens, die voorverhoorprosedure; tweedens, die bepaling van die geskikte hof . jurisdiksie; derdens, die oproeping van 'n verband in die hof, hofprosedure; en, vierdens, beslaglegging en die eksekusieverkoping (eksekusie). Hierdie stadiums het onlangs verskeie veranderings ondergaan wat hoofsaaklik deur die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (die Grondwet) en ander verbruikers-beskermingsmaatreels soos die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 teweeggebring is. Volledigheidshalwe bespreek ek onlangse regsontwikkeling met verwysing na nuwe regspraak en wetgewing ten aansien van die eerste drie stadiums van die oproepingsproses van 'n verband op 'n onroerende saak. Daar word besondere klem gele op ontwikkeling ten aansien van die hofprosedure (litigasieprosedure) by die uitwinbaarverklaring van. verband, wat die derde stadium in die oproepingsproses is. Beslaglegging en die daaropvolgende eksekusieverkoping kom egter nie in hierdie artikel aan bod nie.

     

Downloads

Download data is not yet available.

Published

21-02-2015

How to Cite

Fuchs, M. M. M. (2015). Huidige Regsontwikkeling ten aansien van Uitwinbaarverklaring van ʼn Verband oor ʼn Onroerende Saak. Potchefstroom Electronic Law Journal, 18(1), 3260–3298. https://doi.org/10.4314/pelj.v18i1.10

Issue

Section

Notes

Similar Articles

1 2 3 4 5 6 7 > >> 

You may also start an advanced similarity search for this article.